'n Lekker Verskeidenheid van sewe korter stories 'n Gawe Vriend – Jurie Mentz Daar is tye in 'n man se lewe wanneer ware vriende so skaars soos hoendertande is. Terwyl dit goed gaan is daar oral 'gawe' vriende wat bereid is om saam te kuier ... solank hulle iets daaruit kan kry. Vir Nienie – Nicolette Fouldien As Bennie nie na sy sussie en boetie omsien nie, wie sal? Met ouers soos hulle s'n, het die kinders nie vyande nodig nie. Ou Frankie – Annico van Vuuren Iets het met Frankie gebeur tydens 'n ongeluk en hy is nie meer dieselfde nie. Sal hy daarmee kan saamleef? En sy geliefdes? Toer – Shirley Robinson Tillie sien om na haar hele gesin, terwyl haar eie uurglas met rasseskrede leegloop. Sy wil nog dinge doen en miskien bly wees oor 'n laaste kans op liefde. Die Gawe – Adele Reynders Dis 'n paar jaar gelede en Clarissa is nog op universiteit toe haar beste vriendin se pa sterf. Was dit 'n ongeluk, of wou iemand hom uit die pad hê? Hart Verpand – Rika du Plessis Toe Hugo een van die spesiale musiekboksies by Tessa koop, is sy nie bewus daarvan dat iemand met die prys gelol het nie. Sy is nog minder voorbereid op wat die ontmoeting aan haar hartsake gaan doen. Min Dae – Moryn Hanzen Voete stamp op sewentien is een ding ... voete stamp op veertig raak lewensgevaarlik, soms erg humoristies as jy deur Moryn se oë daarna kyk. Maar altyd moet mens onthou dat elke dag net vir jou geleen word.