Nadat ‘n man haar onder valse voorwendsels van haar geld beroof het, is dokter Elmine se dokterspraktyk in die moeilikheid. Sy weet nie watter kant toe om ‘n bestaan te kan maak nie. Cor se vreemde huweliksaansoek blyk aanvanklik vir haar na ‘n gekkespul, maar gou besef sy sy het eintlik geen ander oplossing vir haar eie probleem nie. Nie sy of Cor wil ‘n werklike huwelik hê nie, maar hierdie reëling is vir albei ‘n middel tot ‘n doel...