€n Meesleurende roman oor €n verbode passie en €n politieke intrige. Dis gebaseer op €n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en €n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, €n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor €n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi€s meegewerk het tydens die Tweede Wreldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar €n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie . . .