Fluisterende Nagte is by LAPA Uitgewers as "Nagte wat Fluister" gepubliseer en word nou as e-boek aangebied. Die leser word ingetrek by die trauma wat elke ouer vrees. Pragtige jong Tanya daag nie na skool by die huis op nie en dit dompel Org en Susan Joubert, in 'n donker nagmerrie van angs. Dan raak die joernalis, Karin Erlank ook soek. Kan hierdie twee sake met mekaar verbind word? Maria M Bekker vertel hierdie verhaal op 'n deernisvolle wyse en getrou aan haar aard, kan elke leser identifiseer met die emosies wat hier ter sprake is.