God? Geloof in 'n postmoderne tyd: Afrikaans (Afrikaans Edition)
Not Available / Digital Item
God? Geloof in 'n postmoderne tyd: Afrikaans (Afrikaans Edition)
Hierdie boek is geskryf vir mense wat • saans opkyk na die sterre en weet dat hulle eintlik miljoene jare in die geskiedenis terugkyk – op daardie oomblik die lig van sterre honderde miljoene ligjare weg van ons af sien; ligstrale wat lankal nie meer bestaan nie en nou eers by ons uitkom; • weet van die kwantumwêreld van die mikrokosmos; weet van atome en energievelde; • weet van die asemrowende en fassinerende navorsing op die gebied van psigologie en psigiatrie en die uitwerking daarvan op menslike gedrag; iets verstaan van die verbysterende diverse en gespesialiseerde veld van die mediese wetenskap; weet van psigopatologie en wonder hoe dit verband hou met die mens as spirituele wese; • kennis het van die komplekse aard van die verweefdheid van die menslike psige met die historiese, sosiologiese en kulturele omgewing – en dan as gelowiges tog wil vashou aan die Christelike waarhede; en • wonder oor die verstaan van ’n boek (die Bybel) uit die verre verlede binne die konteks van die eeu waarin ons tans leef.
Outeur Dr Ben du Toit is in 1950 in Malawi gebore en matrikuleer in die Strand. Hy behaal die grade BA en BTh aan die Universiteit van Stellenbosch, asook MA (cum laude) en DPhil aan die Universiteit van Port Elizabeth ná buitelandse navorsing by die Graduate Theological Union in San Francisco, VSA.
Die eerste uitgawe van hierdie boek is in 2002 met die Andrew Murray-prys bekroon.