Die vonke spat toe Danica en Werner in vreemde omstandighede kennis maak. Hulle stamp kop, die een so hardekwas soos die ander, met Bertie, die engelkind met die liggaam van ‘n groot man en die verstand van ‘n kind, in die middel. Om dinge verder te kompliseer, is daar Werner se broer met die sluwe brein, Dillon die krimineel, en Werner se eksverloofde, Malinda.