PROESELTJIES STORIELEKKERTE 8 (Voorheen: OMNIBUS 8): Jong Goud Silwer Seepbel Vlermuisie vir Kersfees (PROESELTJIES STORIELEKKERTE (Voorheen: OMNIBUS)) (Afrikaans Edition)
Not Available / Digital Item
PROESELTJIES STORIELEKKERTE 8 (Voorheen: OMNIBUS 8): Jong Goud Silwer Seepbel Vlermuisie vir Kersfees (PROESELTJIES STORIELEKKERTE (Voorheen: OMNIBUS)) (Afrikaans Edition)
PROESELTJIES STORIELEKKERTE 8: Annico van Vuuren se PROESELTJIES 8 bestaan uit drie aangrypende verhale - waarvan twee vollengte verhale is: Jong Goud; Silwer Seepbel en €˜n Vlermuisie vir Kersfees. In al drie verhale is ons held op die drumpel van manword, met die lewe wat sy swartkant vir hom bly wys. Hierdie is verhale van groei en ontwikkeling, in romantiese hoogspanning en in diep emosionele betrokkenheid verweef. €˜n Moet vir elke eLeser.
JONG GOUD neem ons terug na €˜n tyd in ons land toe goud pas gevind is. En Mic wat in Engeland grootgeword het, bevind hom skielik tussen die Boere met hulle waardes en hulle doen wat aan hom wurg. Boonop loop hy met €˜n skuldgevoel teenoor sy oorlede pa, en toe moet hy nog vlug omdat hy glo dat hy moord gepleeg het. Loop Mic se pad van avontuur en selfontdekking en aanvaarding van homself, sy land en sy mense saam met hom. Mic, soos so baie van ons ontwakende m¡nne is JONG GOUD.
In €˜N VLERMUISIE VIR KERSFEES is ons heldin, Loelie, €˜n tere 5. Sy sien net die positiewe in al die aakligheid wat met haar gebeur €“ en besweer dit so. Sy laat haar stemmetjie in ons held, €˜n beswaarde Burg (19), se oor weerklank vind. Hy is baie besig om die lewe in sy pasgaatjie te probeer druk €“ nog altyd plof elke positiewe poging vir hom in sy gesig terug. Deernis tussen die twee in €˜n reeks skokkende ervarings dra Burg na €˜n nuwe wete en aanvaarding. En Loelie deur sy toedoen na veiligheid. Hierdie is €˜n teer storie van seerdinge met Burg se rakende Kersgeskenk van Loelie af €“ €˜n klein wriemelende vlermuisie...
PROESELTJIES STORIELEKKERTE 8 se verhale beslaan 309 bls en is verkrygbaar teen €˜n baie billike prys. Moet dit nie misloop nie.