Wessel Bruwer verbreek sy verhouding met sy liefde, Mandie, toe sy nie met hom wil trou nie en sy 'n oop verhouding wil hê. Hy verhuis terug na Suid-Afrika en werk as vlieënier by Meyer Industries in George. Pauline Niemand Marx, die suksesvolle eiendomsagent se lewe kom tot stilstand toe haar man haar los vir 'n jong kind. Haar hart is gebreek. Na 'n suksesvolle noodlanding, wat sy vanuit haar vriendin se kantoor aanskou het, ontmoet Pauline vir Wessel en daar is onmiddellik 'n vonk tussen die twee. Wessel slaan haar voete onder haar uit en hulle weet vroeg hulle wil mekaar hê, ongeag die ouderdomsverskil. Wessel vra haar om met hom te trou en hulle raak verloof. Net daarna loop alles skeef. Pauline gee hom die trekpas. Wessel verloor sy werk en word gearresteer. Pauline ontdek dat sy swanger is...
Die elektroniese weergawe van hierdie boek is interaktief, waar u as leser met die kies van 'n skakel kan kies tussen die romantiese weergawe, waarin seks nie in detail beskryf word nie, of die erotiese weergawe, waar seks in detail beskryf word, sonder om vuil of vulgêr te wees. Die gedrukte weergawe is die erotiese weergawe.